Afrikaans Bio

NIANELL: INTERNASIONALE MUSIKANT, SKRYWER EN MOTIVERINGSSPREKER

Die veelsydige kreatiewe entrepreneur, Nianell is ‘n vokale gimnas – wat sonder moeite tussen vier oktawe dartel met haar indrukwekkende; soepel stem. Sy is ook ‘n platinaverkoper met albums wat altyd die boonste sporte bereik. Sy sluit elemente van pop, R &B; folk; klassieke; country en keltiese musiek by haar komposisies in en begelei haarself op klavier en kitaar. Sy skep haar eie musikale taal, waar woorde soms onnodig is – sodat elke siel die musiek se boodskap self kan verstaan.        

Nianell is ‘n Suid-Afrikaanse en internasionale suksesstorie – met vele van haar liedjies wat op speellyste regoor die wêreld pryk. Sy is ‘n talentvolle sanger, liedjieskrywer, komponis en skrywer. Sy deel ook haar boodskap as motiveringsspreker. “Bewustheid is die geboorte van ‘n nuwe begin – die begin van ‘n lewe wat die moeite werd is om te leef – die begin daarvan om eers werklik te lééf,” sê Nianell.

 

Nianell – Die Musikant

Nianell is reeds sedert haar eerste album Who Painted the Moon? (2001) ‘n baanbreker vir vroulike sanger-liedjieskrywers in Suid-Afrika. Die titelsnit het Suid-Afrikaners se asems weggeslaan – en Nianell was spoedig ‘n huishoudelike naam. Sy het ook internasionale sukses behaal met dié liedjie – dit is deur Hayley Westenra opgeneem en het verkope van meer as tweemiljoen wêreldwyd behaal.

Terug op eie bodem het Nianell deurlopend lieflike, motiverende albums uitgeryk. Haar albums sluit die luisterryke dubbel SAMA-wenner, Angel Tongue (2004); Life’s Gift (2006); I Know I’m Lucky (2008), die imposante Sand & Water (2010) en My Hart (2012) in.

Voeg dan nog haar duet-albums met Romanz (‘n Duisend Drome; 2011) en Dozi (It Takes Two (2009) en You’re the One that I Want – Take 2 (2012); en dit word vinnig duidelik dat Nianell een van Suid-Afrika se besigste kunstenaars is. Sy het die kuns bemeester om beide krities relevant en kommersieël suksesvol te bly.

In 2011, is sewe van Nianell se grootste treffers herverpak vir ‘n Amerikaanse gehoor op  Who Painted the Moon – U.S. Compilation. Hierdie versameling het verstommende positiewe kritiek ontlok – nes Sand & Water – wat ook internasionale aftrek gekry het. Die tydskrif, Billboard Discoveries som dit die beste op: “Dié versameling pragtige melodieë en inspirerende instrumentasie word slegs oorskry deur die sanger se engelagtige, dog ondeunde uitvoering. Eenvoudig gestel is elke liedjie ‘n emosionele sege – inspirerend en lieflik. Nianell is ‘n wêreldklasmusikant en Sand & Water is ‘n puik album in alle opsigte.   Connoisseurs van uitstekende popmelodieë en vokale uitvoerings sonder truuks – bloot asemrowende natuurlike talent – is bestem om hul gunstelingsanger te ontdek in Nianell.

In September 2014, stel Nianell haar mees introspektiewe en sielvolle album tot op hede  bekend. Just Be is ‘n voltooide sirkel in Nianell se musiekloopbaan. Sy keer terug na die klank van haar eerste twee albums, maar roer die wysheid en lewenservaring van meer as ‘n dekade daarby in op elke liedjie.

Nianell – Die Skrywer

Buiten haar suksesvolle musiekloopbaan is Nianell ook ‘n gerekende skrywer. Haar eerste boek, Knowing Who I Am, word internasionaal uitgegee deur Hay House Publishing en vlieg steeds van winkelrakke af. Die Afrikaanse weergawe, Om Te Weet Wie Ek Is is ‘n Suid-Afrikaanse topverkoper en verkoop ook steeds soos soetkoek. Nianell is tans besig om te poets aan haar nuwe boek – sy beoog om haar boodskap van liefde en inspirasie ook in hierdie werk voort te sit.

Nianell – Die Motiveringsspreker

Met die lyn van liefde en motivering wat deur haar boeke loop as grondslag het Nianell ‘n uitsonderlike motiveringsmodule ontwikkel, met die titel “Knowing Who I Am”. Hierdie uurlange voorlegging kombineer inspirerende boodskappe met baie van Nianell se bekendste liedjies byvoorbeeld: Life’s Gift’, I Hold the Sun, Who Painted the Moon en  Finally, wat die eerste plek losgeslaan het in the 16de amptelike VSA Liedjieskryfkompetisie vir beste inspirerende liedjie.

Nianell –  Loopbaan Hoogtepunte

  • Nianell se liedjie “Who painted the moon?” is opgeneem deur Hayley Westenra en is ingesluit op haar album, “Pure”, die enkelsnit het meer as tweemiljoen kopieë wêreldwyd verkoop.
  • Nianell het by die Unite the Stars by die Coca Cola Dome in Johannesburg op 9 November 2005 opgetree. Ander sterre soos Christina Aguilera, Westlife en Diana Ross het die verhoog gedeel by hierdie aangeleentheid.
  • 2006 – Haar liedjie We’ll Find a Way,
  • In 2008, het Nianell haar eerste tree na internasionale verspreiding geneem toe sy ‘n versamelalbum met die naam Shining in Your Light in Singapoer en Indonesië deur Platinum Records.
  • In 2009, ontvang sy Beste Vroulike Sanger by die Vonk-toekennings.
  • In 2010, wen sy Beste Vroulike Sanger sowel as Beste DVD vir haar werk saam met Dozi op It Takes Two.
  • In 2010 is Nianell ‘n finalis in die Internasionale Liedjieskrywerskompetisie. Sy ontvang ‘n spesiale eerbetoon. 15 000 liedjieskrywers van regoor die wêreld het aan hierdie kompetisie deelgeneem.
  • In 2010 word Nianell gekies om saam met die legendariese Italiaanse tenoor, Andrea Bocelli by Celebrate Africa in die Coca Cola Dome in Johannesburg op te tree.
  • In 2011, wen Nianell die beste Gospel/Inspirerende liiedjie in die 16de VSA Liedjieskryfkompetisie.
  • Sy tree op saam met Shakira en Freshly Ground by die sluitingsseremonie vir die FIFA Sokker Wêreldbeker – dit word wêreldwyd uitgesaai.
  • Nianell neem ‘n album saam met Romanz op; en die album is ‘n reusetreffer..
  • Nianell sing op die Jock of the Bushveld klankbaan wat in 2011 in Suid Afrika vrygestel is. Tim Rice het die lirieke geskryf en Craig Hinds van Watershed, Johnny Clegg en Bryan Adams dra ook by tot die klankbaan.
  • In 2011 ontvang sy ‘n Afrikoon vir haar bydrae tot Afrikaans, deur die ATKV, Namibië.
  • Haar debuutboek (Om te weet wie ek is) word ‘n topverkoper in 2011.
  • Die album Angel Tongue wen twee SAMA (South African Music Award) toekennings:
  • Nianell is ‘n ambassadeur vir Team
  • Nianell uitvoerende bestuurder van Proud Partners proudpartners.co.za
  • 2014 – Nianell stel haar eerlikste en mees introspektiewe album tot op hede, Just Be bekend..

 

DIE TALENTVOLLE NIANELL HOU STEEDS AAN OM LIEFDE, EN POSITIWITEIT TE VERKONDIG.

Vir meer inligting oor Nianell, besoek gerus www.nianell.com; of besoek haar sosiale netwerke:

Facebook: www.facebook.com/nianell

Twitter: www.twitter.com/Nianellmusic